top of page

rotariërs

Leerders kry jaarliks die geleentheid om as uitruilstudente na die buiteland bv. Duitsland, gekies te word. Buitelandse uitruilstudente besoek ook jaarliks die Hoërskool Grens.

Ses weke in ‘n winter-wonderland

 

Deur Henrike Saunders

 

Dit is amper weer daardie tyd van die jaar wanneer uitruilstudente vanaf Duitsland Suid-Afrika toe kom en ‘n paar van ons die geleentheid kry om in Desember vir ses weke na Duitsland te gaan.

Die Rotariër-uitruilprogram is vir enige leerder in graad 10 en 11 en bied die geleentheid om letterlik te sien hoe die Europeërs lewe:  van vreemde kosse en drankies na unieke tradisies en huisies.  Duitsland is ‘n land van twee uiterstes - die een, ‘n sprokieverhaal platteland waar klein dorpies minute van mekaar af is, en die ander, ‘n “stadslewe” waar die ligte, winkels en selfs die strate jou asem behoorlik wegblaas!

Vier leerders van die Hoërskool Grens:  Robyn Blom, Marco Swanepoel, Lisa Smit en Twané Rosseau was deel van die program in 2015.  Die uitruilprogram bied jou nie net ‘n geleentheid om Starbucks vir die eerste keer te probeer nie, maar ook om nuwe vriende te maak, tale aan te leer en jouself te vind. 

Die meeste Suid-Afrikaners wat aan die uitruilprogram deelgeneem het, stem saam met die stelling:  “Ich bin ein Deutscher!” So, my mede-Grensies, ek moedig julle aan om julle ouers se pinkies te draai, geld te spaar en aan die fantastiese avontuur deel te neem!

bottom of page