top of page

sport

Ons by Hoerskool Grens glo dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves en daarom moedig ons leerders aan om aan sport deel te neem. By Grens word die volgende sportsoorte aangebied:

 

 

Atletiek

Die skool word goed by die Oos-Kaapkampioenskappe verteenwoordig en sommige van die provinsiale teenwoordigers verteenwoordig die Oos-Kaap by die SA kampioenskappe.

 


Hokkie

Die hokkiespanne neem aan ligawedstryde deel en woon jaarliks ‘n hokkiekursus by.

 


Krieket
Die eerstekrieketspan neem deel aan die Algie beker toernooi waaraan die top agt spanne in die streek deelneem. Die o.15A-span en die eerste span speel ook in die Saterdag ligawedstryde waar hulle baie goed vaar.

 

 

Landloop
Die skool lewer Grensstreek landloopatlete op.

 


Meisiekrieket
‘n Eerste en ‘n beginnerspan word jaarliks vir die liga ingeskryf. Met verloop van tyd het verskeie spelers die Grensstreekspanne gehaal asook die SA Vrouespan en SA o.19-span.

 


Muurbal
‘n Gekombineerde seuns- en meisiespan word vir ligawedstryde ingeskryf en lewer Grensstreekspelers op.


 

Netbal

Die eerste netbalspan was reeds twee keer onder die top tien van die National Challenge en een keer onder die top twintig. Hulle was ook die wenners van die Time Skole-toernooi.

Jaarliks word spelers vir die Oos-Kaapspanne in hulle onderskeie ouderdomsgroepe gekies en van die spelers verteenwoordig die Oos-Kaap by die SA kampioenskappe. Van die netbalspanne is ook die Oos-Kaapwenners in hulle onderskeie ouderdomsgroepe.

Sporttoere word gereeld onderneem asook deelname aan verskeie toernooie. Die eerste span woon ook netbalkursusse by.


 

Rugby

Grens-rugby lewer gereeld spelers in die Grensstreekspanne asook die Akademie-, Grant Khomo- en Cravenweekspanne op.

Sporttoere word jaarliks onderneem en die spanne neem ook aan verskillende toernooie deel.

In 2014 is dit die derde keer dat ‘n eersterugbyspan ‘n toer na die buiteland onderneem.


 

Swem

Swem lewer ook Grensstreekswemmers op en een van ons swemmers is eerste op die SA Ope Vroue swemranglys in die 100 m en tweede in die 50 m vlinderslag in die Lang- en Kortbad. In haar ouderdomsgroep is sy eerste in die 50 m vryslag asook in die 100 m en 50 m vlinderslag in die Lang- en Kortbad en sy het al ‘n paar Wêreldkampioenskappe agter die rug.

 

Tennis
Die spanne neem aan ligawedstryde deel en lewer provinsiale verteenwoordigers op. Die spelers neem ook aan verskeie tennistoernooie deel.


 

Tweekamp en Biathle
Verskeie atlete behaal uitstekende prestasies by die SA kampioenskappe en van hulle neem aan Wêreldkampioenskappe deel.

Fietsry

Verskeie fietsryers behaal uitstekende prestasies by die SA kampioenskappe.

Natuurspan

Die natuurspan bestaan uit avontuurlustige leerders wat die natuur met passie aanpak. 

 

bottom of page