top of page

Erekode

 

  • Ons aanvaar die eise wat ons skool aan ons stel ten opsigte van gedrag en werk.

  • Ons strewe na die ontwikkeling van alles wat mooi, skoon en edel is in ons persoonlikheid.

  • Ons glo dat harde werk die beste belegging is wat ‘n mens kan maak.

  • Ons glo dat kennis ons help om ‘n ryker en voller lewe te voer en aanvaar ons studietaak met liefde en toewyding.

  • Ons glo dat deeglike voorbereiding ‘n noodsaaklike voorvereiste is vir ‘n nuttige en diensbare lewe.

  • Ons glo dat ons elkeen ‘n deeltjie kan bydrae om geluk en vreugde in ons omgewing te versprei.

  • Ons glo dat die goeie dade wat ons in hierdie lewe verrig, ewigheidswaarde het.

  • Ons mik in nederigheid hoog, en stry moedig vir die verwensliking van ons ideal.

  • Ons BOU vir onsself, ons Skool en ons Land

 

 

 

 

 

Skoolwapen en leuse

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Met vreugde kyk ons na die opkomende son van ons nasie. Dit gooi sy strale met verwarming en groeikrag.


Bou nie net vir vandag nie, vir die verbygaande tyd nie, maar bou vir ewigheid. As iemand op die fondament bou, goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys… As iemand se werk bly staan, sal hy sy loon ontvang

 

 

 

Skoollied

 

          Hoog op die heuwel waak jy oor die grense,
         hoog op die heuwel waak jy oor die grense,
         van ons land van ons liefde,
         oor ons taal en ons mense,
         ons skool uit ons volk en ons aarde gegroei.
         Mag jy sterk en inheems,
         mag jy sterk en inheems,
         soos die koraalboom bloei,
         soos die koraalboom bloei.

         Refrein:

         Fris en vry waai die wind van die see,
         so is die jeug wie se lewe jy smee,
         vorm hul sterk en vorm hul fyn,
         wat 'n meesterhand die trekke belyn.

         Woorde: Mev. R. Groenewald
         Musiek: Prof. P.J. Lemmer

 

 

 

bottom of page