top of page

kultuur

Kulturele aktiwiteite is net so belangrik soos sport en daarom word leerders aangemoedig om aan die volgende aktiwiteite deel te neem:

 

ATKV-Tienertoneel

Leerders neem op gereelde basis aan die nasionale ATKV-Tienertoneel kompetisie deel. Leerders behaal verskeie kere die hoogste toekenning in hul onderskeie kategorieë en die Hoërskool Grens se tienertoneel was reeds twee keer deel van die nasionale ronde wat te Aardklop plaasgevind het.

Die Lourier
Die skoolkoerant verskyn jaarliks en bied die leerders ‘n geleentheid om joernalistieke ervaring op te doen. Die Lourier kies elke jaar ‘n nuwe redaksie. Die redaksie skiet self jaarliks ‘n bemarkings-DVD om voornemende graad agts te oorreed om na Grens toe te kom.

Eksterne drama
Leerders word die geleentheid gebied om vir die SA Spraak en Drama Kollege eksamen in te skryf.

ATKV Jeugtak-Gimmies
MOTTO: Wees die verskil!

 

Op 26 Julie 2024 is geskiedenis gemaak deur dat 'n 94-jarige ATKV-organisasie by ons skool van 90 jaar as vennoot ons erfenis vier.

Die ATKV se takke-afdeling is gefokus op gemeenskapswerk o.a. leesbevordering, die plant van groentetuine en sosiaal-maatskaplike projekte.

Jaco Spies, Streeksbestuurder: Oos-en Noordkaap, het vanoggend ons skool se leerders met entoesiasme kom vertel van die waarde wat ATKV-jeugtak Gimmies gaan toevoeg tot ons dorp, hier in die hartjie van die Ooskus.


Musiek

1. Individueel
Verskeie individuele leerders en ensembles verwerf goud en bekers vir die beste uitvoerders in hulle onderskeie afdelings in sang, klavier en blokfluit by die Oos-Londen Eisteddfod.

2. Marimba-orkes

Die marimba-orkes het reeds verskeie trofeë as wenners in verskillende kategorieë by die Nasionale Marimba kompetisie asook die Internasionale Marimba- en Steelpan kompetisie gewen en verwerf goue toekennings by die Oos-Londen Eisteddfod.

Die marimba-orkes tree ook op by o.a. ouetehuise, sakefunksies, troues en teepartye.

3. Sanggroep
Die sanggroep behaal verskeie kere goue toekennings by die Oos-Londen Eisteddfod. Hulle tree ook by verskeie funksies en geleenthede op.


Poësie, Prosa en Kuns
Verskeie leerders se skryfkuns word gepubliseer en kunsleerders vewerf goue sertifikate by kunsuitstallings vir hoërskole.

Redenaars
Die leerders neem aan die ATKV-Redenaarskompetisie deel en sommige leerders dring deur na die Nasionale ronde.
Leerders kry ook die geleentheid om aan die Young Communicator’s Award English Public Speaking Competition deel te neem.

Skaak
Die skaak lewer verskeie provinsiale verteenwoordigers op.

VCSV
Daar is ‘n weeklikse VCSV-periode gedurende skooltyd. Diensjaarspanne besoek die skool en leerders het die geleentheid om jaarliks VCSV-kampe by te woon.

 

bottom of page